
Het gister op iets in facebook afgekom wat my aandag getrek het. Dit was oor 'n ballon wat rond gestuur word, "Grab this balloon if you have lost someone". Daar is nou al 112,577 comments en 177,208 thumps up. So ek weet nie presies hoeveel mense dit al aangestuur het nie, maar dit gee jou 'n goeie indikasie...
Het my weer laat dink oor die dood en hoe mense dit hanteer.
Het nog nie iemand baie naby my aan die dood afgestaan nie (gelukkig?), maar net die gedagte dat die mense/diere vir wie ek lief is nie veraltyd saam my sal kan wees nie, bring my aan trane.
Ek hou daarvan om voorbereid te wees vir die 'unexpected'. Soos, ek het al geimagine hoe ek 'n situasie sal hanteer waar hulle my met 'n geweer sal ophou, "wat ookal jy doen Izaan, moet net nie histeries wees nie". Dit het toe met my gebeur, 2 keer. En elke keer was ek eerlik waar net koel en kalm. Maar die gedagte wat by my opkom is iets soos, jy sal okay wees solank as wat jy lewendig hier uitkom.
Sien, ek blok wat ookal daarna gebeur heeltemal uit.
Dis nie asof ek bang is vir die 'afterlife' nie, dis net, ek kan nie imagine hoe ek dit wat ek lief het op aarde kan laat gaan nie?! Mense se altyd, as jy dood is dink jy nie meer oor wat jy op aarde gehad het nie. Wel dis nie wat ek wil he nie. Hoekom is ek op aarde? Bloot net om 'n workig vessel vir God te wees? Ek glo dit nie, want hoekom sal Hy vir ons dinge op aarde gee (mense, diere, kos, adventure) as ons dit nie moet onthou nie?
Het hierdie week weer 'Meet Joe Black' gekyk. Daar is hierdie een deel waar "Death" vir die ou se: This is the one thing that you knew you won't be able to control (of iets in daai lyn). En dis hoe ek voel. (Dink dis die control freak in my)
Ek weet nie hoe ek dit sal hanteer as iemand voor my moet dood gaan nie, en ek weet ook nie hoe ek dit sal hanteer as ek voor my geliefdes dood gaan nie. Quite frankly, wil ek ook nie daar aan dink nie.
So ja, dis dan my gedagtes oor die dood en wat ookal daarmee gepaart gaan. En dis seker ook soveel as wat ek hieroor te se gaan he totdat ek die een is wat oorbly om te getuig oor my "los"
No comments:
Post a Comment